Italië wettig burgerlike verbintenisse
- May 12, 2016
- 1 min read

Die Italiaanse parlement het die weg gebaan vir die regering om burgerlike verbintenisse te wettig.
Italië is die laaste van die groot Westerse lande wat nog nie selfde-geslag-huwelikke erken nie.
'n Klein groepie gay-regte-aktiviste het buite die parlement in Rome gevier, in wat 'n belangrike tree tot volwaardige gelykheid beskou word. Daar was egter teleurstelling dat die nuwe wetgewing steeds nie gaymense toelaat om mekaar se biologiese kinders aan te neem nie.

























Comments