Vuwani: Skole steeds gesluit
- May 11, 2016
- 1 min read

Dit is nog nie bekend wanneer skole in Vuwani in Limpopo weer heropen sal word nie.
Meer as 20 skole is in die gebied afgebrand nadat inwoners 'n hofstryd teen die Munisipale Afbakeningsraad verloor het om nie hul gebied by 'n nuwe munisipaliteit in Malamulele in te lyf nie.
Die Suid-Afrikanse minister van basiese onderwys, Angie Motshekga sê die belangrikste is dat kalmte na die gebied terugkeer, sodat leerders hul onderrig kan voortsit.
Dit is onwaarskynlik dat skole vandeesweek nog sal heropen

























Comments