Kanadese brande: Reën bring verligting
- May 10, 2016
- 1 min read

Laer temperature en ligte reën het verligting gebring in Alberta in Kanada wat al 'n week lank deurloop onder verwoestende veldbrande.
Die weerstoestande het verhinder dat die brand verder versprei.
Meer as 160-duisend hektaar het al afgebrand en na raming sal die algehele skade sowat 100-miljard rand beloop.
Bykans 90-duisend mense is verskuif en olie-produksie is halveer. Dit word as die duurste Kanadese natuurramp ooit bestempel.

























Comments