top of page

Betogers uitgesluit by fees

  • May 10, 2016
  • 1 min read

Betogers wat weens ontevredenheid oor hul hoofman 'n kultuurfees geboikot het, maar terselftertyd 'n protesoptog daar gereël het, is van die feesperseel uitgesluit.

Lede van die !Oë#Gân tradisionele owerheid wou by dié fees, aan die einde van April op Okombahe, hul misnoeë met die leierskap van hoofman Immanuel /Gáseb toon.

Die kultuurfees, ‘n jaarlikse aangeleentheid, sou dié jaar saamval met die inhuldiging van ‘n kulturele sentrum wat die regering aan die gemeenskap geskenk het.

Die betogers het verlede week gesê die hek van die perseel was geblokkeer deur sekuriteitswagte wat deur die Namibiese polisie bygestaan is en ongeveer 300 het buite die heining gebly met plakkate waarop /Gáseb van “nie-inklusiewe, despotiese heerskappy vanaf Windhoek” beskuldig word.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page