In of uit met jaarlikse tyd verandering in Namibië?
- Feb 3, 2016
- 1 min read

Namibiërs kan nou hul sprak sprook oor die land se wintertyd wat jaarliks vanaf April tot September geld.
Dié oproep kom van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie oor die horlosies wat op die eerste Sondag in April ’n uur teruggedraai word met Namibië wat dan een uur voor Greenwichtyd (GMT) is. Op die eerste Sondag in September word horlosies weer ’n uur vorentoe gestel. In die somer is Namibiese tyd dus twee ure voor GMT.
Lede van die publiek word genooi om hul menings oor die tydsverandering per e-pos en met die opskrif “Mening oor tydsverandering in Namibië” aan te stuur na legal.division@mha.gov.na of per hand by die ministerie se kantore in Windhoek af te gee.
Vir enige verdere navrae kan 061 292 2068 geskakel word.

























Comments